Grey Kollege Primêr in Bloemfontein se tennisspelers het die naweek weer trotse tennis gelewer.

  • Liewan Claassens (gr.6) en Keegan Goodes (gr.6) het die finaal van die o.12-dubbelspel tydens die Vrystaat Mini Tennistoernooi gehaal. Julle hou Grey se naam hoog, manne!
  • Liewan Claassens het ook die afgelope naweek, die o.12-enkelspel gewen tydens die Vrystaat Mini tennistoernooi. Seth Horn (gr.6) het as naaswenner uit die stryd getree. Puik prestasie!
  • Luke Oosthuizen het aan die o.10 Rainbow Kids-tennistoernooi deelgeneem en uitstekend gevaar. Hy het eerste plek in die enkels behaal, sowel as eerste plek in die dubbelspel saam met Anna Serfontein van OMS Primêr.

Die prestasies bevestig dat Grey Kollege Primêr se jong talent met trots en toewyding die skool se naam op die tennisbaan uitdra.

https://greycollegeprimary.com/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article