KLERKSDORP – GPLA Pool Gala. Hoërskool Wesvalia is besonder trots op AJ Brits, wat uitstekende prestasies gelewer het tydens die GPLA Pool Gala. AJ het deelgeneem in die seunsafdeling vir deelnemers van 17 tot 18 jaar.
Hy het homself onderskei met verskeie podiumplekke in die individuele reddingswemnommers. AJ behaal die volgende prestasies tydens die GPLA Pool Gala.
Individuele uitslae:
- 100m Manikin Carry / Fins – Eerste plek
- 50m Manikin Carry – Eerste plek
- 200m Super Lifesaver – Eerste plek
- 200m Obstacle Swim – Tweede plek
- 100m Manikin Tow / Fins – Tweede plek
Aflosse:
- 4 x 50m Obstacle Relay – Tweede plek
- 4 x 25m Manikin Relay – Tweede plek
- 4 x 50m Medley Relay – Tweede plek
- 4x 50m Mixed Pool Lifesaver Relay – Derde plek

Sy indrukwekkende vertonings het ook ’n belangrike bydrae tot Wesvalia se aflosspanne gelewer.
Hierdie uitslae getuig van AJ se toewyding, deursettingsvermoë en tegniese vaardigheid in die veeleisende sport van reddingswem. Sy prestasies dien as inspirasie vir mede-atlete.
Met soveel uitstaande uitslae op een gala is dit geen verrassing dat die Wesvalia-gemeenskap bars van trots oor hierdie talentvolle swemmer se prestasies nie.
“Ons sien met groot verwagting uit na sy toekomstige suksesse in die swembad.”
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.