die Eskom Expo behaal en ook die hoogste eer in haar kategorie
Charlotte Gibbens en Liané Hugo onvang goud by Eskom Expo

Goud by Eskom Expo vir Hoërskool Jim Fouché


Twee uitmuntende leerders van Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein, Charlotte Gibbens en Liané Hugo, het goud verwerf tydens die gesogte Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes.

Charlotte het goud by die Eskom Expo behaal en ook die hoogste eer in haar kategorie. Haar projek het die uitdagings ondersoek wat pasiënte met Guillain‑Barré‑sindroom ná hospitalisasie ervaar. Sy is ook uitgenooi om Suid‑Afrika later vanjaar by die internasionale byeenkoms te verteenwoordig.

Liané het ook goud ontvang vir haar projek. Sy ondersoek die rol van kleurverskille in die sigbaarheid van slaggate ontleed, met die doel om padveiligheid te bevorder.

Hierdie prestasies beklemtoon die skool se toewyding tot akademiese uitnemendheid en die bevordering van wetenskaplike navorsing onder jong leerders.

https://jf.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article