Gemengde Gevegkuns – Twee van Hoërskool Kalahari, Kuruman leerders Gert-Pieter Esterhuizen en Elbert Esterhuizen het die afgelope naweek deelgeneem aan die MMA Winter Challenge. Dit is aangebied te Christiana. Hierdie twee leerders is beide in Graad 8.

Tydens die Gemengde Gevegkuns het hulle meegeding oor vier afdelings, naamlik: Kata, Kumite, Punte en Voortgesette. Hulle het toewyding en vaardigheid ten toon gestel.

Gert-Pieter Esterhuizen behaal die volgende uitslae tydens die Gemengde Gevegkuns:

  • Punte: Silwer
  • Voortgesette: Silwer

Elbert Esterhuizen behaal die volgende uitslae:

  • Punte: Goud
  • Voortgesette: Goud
  • Kumite: Goud
  • Kata: Brons

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.kalaharihighschool.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article