Twee jong landloopatlete van Leeuwenhof Akademie, Bedfordview het hul skool se naam op provinsiale vlak hoog gehou. Hulle het deelgeneem aan die pas afgelope Gauteng-landloopkampioenskappe met uitstekende vertonings.
Die twee atlete wat deelgeneem het aan die Gauteng-landloopkampioenskappe is:
- Avelie Jackson
- Anro Gouws
Albei atlete het strawwe kompetisie van oor die hele provinsie heen trotseer en uitsonderlike deursettingsvermoë op die hardlooproete getoon. In die meisie kategorie o.8 het Avelie Jackson ‘n indrukwekkende 14de plek behaal. In die seuns kategorie o.12 het Arno Gouws eweneens ‘n skitterende vertoning gelewer deur in die sewende plek oor die wenstreep te hardloop.
Hierdie uitslae van Avelie en Arno dien as ‘n bewys van die atlete se harde werk, toegewyde oefening en sportmanskap gedurende die seisoen. Die skoolgemeenskap en afrigters het hul trots teenoor die twee leerders uitgespreek en hulle gelukgewens met die merkwaardige mylpale wat hulle op provinsiale vlak behaal het.
Foto verskaf






