Hoërskool Ermelo se tennisspelers het die naweek vanaf 19 tot 21 Julie deelgeneem aan die Buffelspoort-tennistoernooi. Skole soos Wesvalia, Hartebeespoort, Klerksdorp, Sasolburg, Potchefstroom Gimnasium, Montana en Affies het gesorg vir strawwe kompetisie.

EHS se seuns-span eindig twaalfde uit sestien spanne en die dogters-span sesde uit sewe spanne.

Dié toernooi was goeie bloodstelling vir die tennisleerders in die nuwe, opwindende “Fast Four”-formaat. Die Erries het EHS se naam hoog gehou en die dogters word na die naweek aangewys as die span met die beste gees.

Foto bo: Vlnr: Danie van Rooyen, Japie-Chris Groenewald, Hendrik Louwrens en Rynard Herholdt

 

Vlnr: Yané Broekman, Anja Wege, Alana Leibbrandt en Leané du Toit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article