Rikus Cilliers, graad 11-leerder van Hoërskool Ermelo, is gekies om die SA Polocrosse seunspan te verteenwoordig.  Die SA-o/19 seuns- en meisies- Polocrosse-spanne het vanaf 12 tot 15 Julie teen Engeland se o/19-spanne meegeding in Mooirivier, Natal.

Die meisiespan het al drie toetse oortuigend gewen.  Die seuns se wedstryde was baie kompeterend en die Engelse seunspan wen die eerste twee toetse. Suid-Afrika se seunspan het goed teruggeveg en wen die derde toets 23-22.

Baie geluk aan Rikus vir die besondere prestasie om in dié span te wees. Die Erries is baie trots op jou!

Foto bo: Rikus Cilliers is derde van links af

Foto onder: Rikus Cilliers is tweede van links af

polocross 2

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article