Die Eldo Eerste Hokkiespan se matriekmeisies het die Noordvaal Plaat-divisie met trots verteenwoordig en ’n seisoen vol oorwinnings beleef. Die span het al hul wedstryde gewen en in die kwarteindstryd teen Middelburg gelykop gespeel. Alhoewel hulle in sudden death verloor het, het hulle steeds ’n puik 5de plek behaal. Dit is ’n prestasie wat hierdie meisies van Hoërskool Eldoraigne se toewyding en vasberadenheid bevestig.
Die seisoen se hoogtepunt was die emosionele afskeid van die matriekspelers – Kaylin O’Toole, Leané du Plessis, Anouk van Heerden, Jana van Dyk en Zoë Rich. Hulle het met passie, harde werk en onwrikbare spanlojaliteit ’n merkwaardige bydrae gelewer en sal diep gemis word.
“Aan elke speler: dankie vir die harte wat julle op die veld gelaat het. Aan die matrieks: sterkte met die nuwe hoofstuk wat voorlê – julle nalatenskap sal altyd deel van Eldoraigne-hokkie wees.”

Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.