Foto: Meneer Pieter Grobler (Hoof van Hoërskool Ermelo) links en meneer Eddie Daniel (nuwe gholfafrigter)

Hoërskool Ermelo is besonder opgewonde om mnr Eddie Daniel te verwelkom as nuwe gholfafrigter van die Erries. Mnr Daniel is welbekend in Suid-Afrika se gholfkringe as gholfer wat die meeste opetoernooie as amateur gewen het. Die Kanya ope-gholftoernooi is onder andere deel van dié wenprestasies.

EHS is bevoorreg om hom in EHS se midde te hê en sien uit na die suksesse wat op EHS-gholf wag.

Meneer Eddie Daniel (2de ryvan voor, links) en Meneer Pieter Grobler (2de ry van voor regs) saam met van Hoërskool Ermelo se gholfspelers: reg en opgewonde vir 2021





You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article