Op Saterdag, 27 Julie, het die Erries se o/15A- en eerstespan aan die eerste rondte van die Virseker Beker deelgeneem.

Die o/15A-span speel uitsonderlike rugby en wen Hoërskool Bastion met 31 punte teenoor 5. CJ van Huyssteen druk twee drieë en Diederik van der Walt, Marius Nel en Ignus Ferreira druk elk een drie. Wian Swart skop drie doelskoppe oor.

Die Hoërskool Ermelo Isuzu-eerste rugbyspan wen in ‘n uiters spanningsvolle wedstryd met 32-31 teen Hoërskool Randburg.

Baruch Büchling, Johan Nel en Walter Visser druk elk een drie. Laasgenoemde skop een doelskop, asook een strafskop oor.

Baie geluk aan al die seuns. EHS is trots op hierdie spanne en sien uit na die volgende wedstryde!

Foto bo: Dewald de Villiers met die bal en Cornus van den Berg agter hom

 

Hoërskool Ermelo Isuzu eerstespan rugby

 

Johan Nel met die bal en Walter Visser agter hom

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article