Akademiese wenners graad 9 2019 v.l.n.r. Nika van Vuuren (1ste), Lien Hoogenboezem(2de), Karmen Venter (3de)

EHS-netbal steek Oosterland die loef af

Akademiese wenners graad 9 2019 v.l.n.r. Nika van Vuuren (1ste), Lien Hoogenboezem(2de), Karmen Venter (3de)

Op Dinsdag, 16 April, het Hoërskool Ermelo se netbalspanne te staan gekom teen Hoërskool Oosterland. Al die spanne wen oortuigend terwyl die spelers ook op die bane hul Errie-waardes ten toon gestel het.

Die uitslae getuig van die spelers en afrigters se harde werk:

Die o/14A-span wen 24-14 en die B-span wen 26-1.

EHS se o/15’s vaar ook goed met die A-span wat wen met ‘n telling van 20-14 en die B-span wat 18-5 wen.

Die seniorspanne wen onderskeidelik met 23-11 (o/16A’s) en 17-13 (tweedespan) terwyl Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan kop omhoog huis toe kon keer met ‘n oorwinning van 36-11.

Baie geluk aan die netbaldogters.

EHS is trots op elke speler en afrigter.

Foto bo: Lungelo Vilakazi

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article