Op Saterdag, 19 Mei 2018, het Hoërskool Ermelo te Hoërskool Standerton aan die B-liga Streekskampioenskappe deelgeneem.

Die o/14B-span wen 8-2 teen Evander, maar verloor hulle ander drie wedstryde. EHS se o/15B- en o/16B-spanne verloor ongelukkig al drie hulle wedstryde.

Hoërskool Ermelo se tweede span speel besondere netbal en wen 13-10 teen Oosterland, 11-9 teen Hoogenhout en 11-9 teen Evander. Na ‘n harde wedstryd speel hulle gelykop teen Standerton met 11 doele elk. Hierdie uitslae plaas die Erries se tweedespan in die derde plek in die Gert Sibande-streek.

Baie geluk en dankie aan elke dogter wat hart en siel in die netbalseisoen en elke wedstryd gegee het.

Foto bo: Asanda Khathide van die o/15B-span met die bal in die hand

Foto onder:  Dané Thirion van die EHS Tweedespan

Dané Thirion van die EHS Tweedespan (8)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article