Atletiek – Hoërskool Ermelo het op 4 Februarie die langpad aangepak na Witrivier. Errie se atlete het gaan deelgeneem aan die LJ Prokureurs atletiekbyeenkoms te Hoërskool Rob Ferreira.

Vandat die eerste skoot geklap het behaal Errie-atlete vele suksesse in die atletiek.  Die Errie-atlete ryg talle medaljes in en verbeter verskeie rekords.  Gedurende die prysuitdeling ontvang Marlioné Erasmus (eerste plek D14: 100m, 200m, 400m) in atletiek die Junior Victrix Ludorum trofee. Elizma Swart ontvang ‘n trofee vir beste prestasie van die dag (eerste plek D15: gewigstoot en skyfwerp).

Baie geluk aan hierdie atlete!

Elizma Swart (links). Sy ontvang ‘n trofee vir beste prestasie van die dag (eerste plek D15: gewigstoot en skyfwerp). Regs is Pierre Duvenhage
Danel Olivier (links)
Marius Nel wen

Sterkte met jul kragmeting op Vrydag, 11 Februarie, te Midstream College.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article