Afrika Atletiekkampioenskappe - Hoërskool Outeniqua skitter
Afrika Atletiekkampioenskappe – Hoërskool Outeniqua skitter

Afrika Atletiekkampioenskappe – Hoërskool Outeniqua skitter


Afrika Atletiekkampioenskappe. 🏆 Kwaggas vier ’n kampioen!

Hoërskool Outeniqua, George, bruis van trots oor Jayden Fourie, wat Suid-Afrika se vlag hoog laat wapper by die Afrika Atleiekkampioenskappe in Angola. Jaden se uitslae is eenvoudig fenomenaal:

  • Goud in die verspring
  • Goud in die 200m
  • Silwer in die medley-aflos

Baie geluk, Jayden! Jy is nie net ’n ster-atleet nie, maar ook ’n ware inspirasie vir die Kwaggas en Suid-Afrika.

En die goeie nuus hou nie daar op nie… Jayden is gekies vir die voorlopige o.20 Wêreldspan wat volgende jaar in Oregon, VSA gaan deelneem!

Die hele Kwagga-familie hou duim vas en glo dat jy Suid-Afrika met trots gaan verteenwoordig.

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.outeniqua.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article