Zwartkop se rugbyspan het groot ambisies vir die 2026-seisoen uitgestippel. Die span se langtermyn-doelwit is om die Noordvaal-kompetisie te wen.
Zwartkop gaan alles in die stryd werp om na die beker afdleing op te skuif.

Harte het in 2025 by Zwartkop gebreek, na dié skool se eerstespan, wat almal geglo het gaan die Plaat afdeling wen, teen Middelburg in die halfeindstryd vasgeval het. Die manne van Centurion gaan vanjaar terugkom om dinge reg te stel.

“Ons glo ‘n seisoen se doelwitte moet van die spelers afkom. Hulle het die doelwitte uitgesit om alles in 2025 te wen. Ons het tot in die halfeindstryd alles gewen, maar dan val jy vas in die uitklop rondtes. Dit voel dan asof ons nie ons doelwit bereik het nie. Alhoewel ons ‘n besonderse seisoen beleef het. Ons wil vanjaar kyk of ons die spelers meer kan help om die druk beter te hanteer,” verduidelik David Gouws, rugby organiseerder by Zwartkop.

Ons het tot in die halfeindstryd alles gewen, maar dan val jy vas in die uitklop rondtes. Dit voel dan asof ons nie ons doelwit bereik het nie. Alhoewel ons 'n besonderse seisoen beleef het. Ons wil vanjaar kyk of ons die spelers meer kan help om die druk beter te hanteer.
Zwartkop het in 2025 ‘n baie seisoen beleef. Hulle het al hulle wedstryde gewen, behalwe een. Hulle het in die halfeindstryd teen Middleburg Hoërskool vasgeval.

Alhoewel hy beaam dat skole rugby te onvoorspelbaar is om werklik die gunstelingsetiket uit te deel is Zwartkop beslis een van die voorlopers om vanjaar die Noordvaal plaat afdeling te wen. Hulle het ‘n wonderlike seisoen met ‘n jong span beleef waarvan baie van dié spelers weer terug kom.

“Ons dink nie aan onsself as gunstelinge nie, ons werk steeds met kinders, en die bal is nie rond nie, dit kan enige kant toe hop. Ons gaan baie harde werk moet insit daar is moeilike spanne wat vanjaar in die liga speel. Beide Nelspruit en Transvalia het afgeskuif van die beker afdeling af,” verduidelik hy.

Nog voor die Noordvaal kompetisie het Zwartkop ‘n opwarmingswedstryd en die NWU Prestige reeks wat voorlê. Volgens Gouws sal hulle graag na die opwarmingswedstryd teen St. Albans amper seker wil wees van hulle span.

“In die NWU prestige reeks sal ons graag in ‘n eindstryd wil speel. Maar dit bly ‘n voorbereidende toernooi vir die Noordvaal,” verduidelik Gouws.

In dié toernooi, skop hulle teen Die Anker af, waarna hulle vir Hoërskool Wagpos in die poel wedstryde aandurf. Dan moet Zwartkop ook nog by die Noord-Suid toernooi vir die eerste keer gaan deelneem. Hier gaan hulle teen Bethlem se twee kragte in die vorm van Witteberg en Voortrekker te staan kom. Gouws benadruk dat dié toernooi ‘n goeie geleentheid is vir die spelers om raak gesien te word.

“Ons gaan alles in die stryd werp om in die Beker afdeling in te kom, maar dit gaan nie maklik wees nie. Ek dink om jou tuiswedstryde te wen gaan noodsaaklik wees. Dan moet jy hard baklei om punte in jou weg wedstryde te kry. Wesvalia en HTS Middelburg wat albei weg wedstryde is gaan waarskynlik die moeilikste wedstryde wees. Hulle is albei fisiese spanne,” verduidelik hy.

Die hoogtepunt op die kalender is die groot Classic Clash tussen Zwartkop en Eldoraigne. Dié twee Centurion spanne durf mekaar jaarliks in ‘n tradisionele derby aan. Zwartkop het die laaste paar jaar die oorhand oor hulle buurskool. Eldoraigne se rugby is egter besig om groot treë vorentoe te gee.

“Dit is gewoonlik baie taai, ‘n derby is mos maar ‘n gelykmaker. Dit is goeie kompetisie wat nodig is in die gemeenskap, baie oud skoliere kom kyk die wedstryd so die pawiljoene is vol. Dit is vir die gemeenskap belangrik, almal kom bymekaar. Dit is amper vir hulle meer belangrik as die liga,” vertel hy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article