Bester, wat die afgelope drie jaar 'n leerder aan Monnas was en aanstaande jaar vir die gerespekteerde Wit Bulle beskikbaar sou wees, se onverwagse vertrek kom op 'n kritieke tydstip vir Monument se rugbyprogram.
Die Hoërskool Monument se ster-agtsteman Ruan Bester het in ‘n skokbesluit aangekondig dat hy aanstaande jaar by Helpmekaar Kollege sal speel

Die Hoërskool Monument se ster-agtsteman Ruann Bester sluit volgende jaar by Helpmekaar Kollege aan.

Bester, wat die afgelope drie jaar ‘n leerder by Monnas was sal volgende jaar vir ‘n plek in Helpies se 1ste XV kan kompeteer.

“Hy is ‘n great seun en goeie speler,” het Tjaart van der Walt, hoof van Rugby by Helpmekaar gesê.

Bester was vanjaar deel van Monnas se o.16 groep. Hy het op o.13 vlak Cravenweek vir die Leeus gespeel en was deel van die Leeus se hoë prestasie groep. Monument, se Onder-16 groep het vanjaar die Noordvaal beker gewen. Dié groep gaan die nodige versterkings gee om Monnas se 1ste XV weer in die uitkloprondtes te laat pronk.

Bester se 2025-seisoen was reeds deur teëspoed gekenmerk nadat hy sy been in die heel eerste wedstryd van die jaar gebreek het. Hy is waarskynlik weens dié besering nie vir die Leeus se Grant Khomo span oorweeg nie.

“As Ruann se Pa Wil ek graag net n paar Punte regstel. Ons as ouers het ons seun se mediese kostes gedra en dra dit nogsteeds self van die dag van sy besering,” het André Bester op sosiale media na die nuus van die skuif gesê.

Helpmekaar kollege, bekend vir sy sterk rugbytradisie en uitstekende ontwikkelingsprogramme, kry nou ‘n bewese talent met drie jaar se ervaring op hoëskoolvlak.

Die kombinasie van Van der Walt se afrigtingsvernuf en Bester se natuurlike vermoëns as agtsteman beloof om Helpmekaar se ambisies vir die 2026-seisoen aansienlik te versterk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article