Paarl Gimansium het slegs een wedstryd in 2025 teen Boys High tydens die interskole verloor, en gelykop teen Affies gespeel. Volgens Roussouw wil Gim seker maak hulle hou aan om die avontuurlustige rugby te speel wat mense wil kom kyk.
Paarl Gimnasium het slegs een wedstryd in 2025 verloor.

“Die skole is so kompeterend dat jy ‘n goeie span kan hê en steeds verloor,”

So het Pieter Roussouw, hoof afrigter van Paarl Gimnasium se 1ste XV oor die 2026 seisoen gesê. Die marges tussen die groot vyf is so klein dat dit op die dag enige kant toe kan gaan.

“Ons moet seker maak dat ons elke week tot ons volle potensiaal speel en ons is goed voorberei. Ons het nie maklike wedstryde nie. Kyk na Durbanville, Stellenberg, Noordheuwel en Menlo Park. Hulle is kompeterend, en ons speel hulle vroeg in die seisoen wanneer beserings nog nie ‘n faktor is nie. Oakdale gaan taai wees, Paul Roos, Affies en Grey College is altyd goed. So ons gaan elke wedstryd op ons beste moet wees,” verduidelik hy.

Paarl Gimansium het slegs een wedstryd in 2025 teen Boys High tydens die interskole verloor, en gelykop teen Affies gespeel. Volgens Roussouw wil Gim seker maak hulle hou aan om die avontuurlustige rugby te speel wat mense wil kom kyk.

“Almal gaan hulle skole ondersteun maar as ons mooi rugby speel kan ons almal se span wees as hulle as neutrale ondersteuners kyk. Dit is vir ons belangrik om dié tipe spel elke seisoen te speel ongeag of daar sterre in die span is nie. Ek sê altyd die span is groter as die individu. Spelers moet glo hulle is die beste maar nooit dink hulle is goed nie,” het hy gesê.

Vir hom is dit belangrik om weer in die top 5 te eindig. Hy weet dit is nie realisties om onoorwonne deur ‘n seisoen te gaan nie. Veral omdat skole rugby in Suid Afrika elke jaar meer kompeterend raak.

“Ek sien dit met die Noord-Suid toernooi, aan die begin was die A spanne van al die skole baie kompeterend maar die B spanne het gesukkel. Intussen het skole wat werklik aan hulle programme wil verbeter die werk ingesit nou is al die B spanne ook kompeterend,” sê hy.

Die groot interskole wedstryd tussen Boys High en Gim lê nog ver van Roussouw se denke af.Alhoewel meeste sal win sien hoe Gim vanjaar oor hulle blou bure kry.

“Ons dink nog glad nie aan die interskole nie. Daar is top skole om eers teen te speel voor dan. As jy kyk na die geskiedenis is dit maar 50/50 met wenne wat met ‘n punt of twee kom. Daar is soveel goed wat jy nie op die dag kan beheer nie dat jy ‘n bietjie geluk ook nog nodig het,”

Die interskole is omtrent elke jaar die nie-amptelike finaal om te sien wie is die beste in die land. Om daar te kom is daar groot name wat Roussouw se troepe eers moet klop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article