Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein is uiters trots op twee van sy talentvolle stoeiers. Hulle het onlangs hul krag en vaardigheid by die SAWF Greco-Roman Kampioenskappe op nasionale vlak ten toon gestel het. Op 30 Mei het Ruwan van Niekerk en Stiaan le Roux deelgeneem aan die SAWF Greco-Roman Nasionale Kampioenskappe deelgeneem. Dit is in die Noord-Gauteng Stoeisaal, Pretoria, aangebied is.
- Ruwan het ’n merkwaardige prestasie gelewer deur goud in beide die o.15- én o.17-afdelings te verower – ’n bewys van sy toewyding en uitstaande talent.
- Stiaan het ook sy stempel afgedruk met ’n goue medalje in die o.15-afdeling en ’n brons in die o.17-afdeling, wat sy veelsydigheid en deursettingsvermoë onderstreep.
Hierdie uitsonderlike prestasies bevestig dat JF se stoeiers met trots hul skool en die Vrystaat verteenwoordig.






