SA Rugby oorweeg regsaksie teen reisagente oor kaartjie-fiasko

Kaartjies vir die kragmeting tussen die Springbokke en All Blacks in Kaapstad is lankal uitverkoop.

KAAPSTAD – SA Rugby oorweeg regsaksie teen reisagentskappe wat beweer die rugbyunie is verantwoordelik daarvoor dat ondersteuners sonder kaartjies gelaat is vir vandag se kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks.

Die unie het vandag gesê bewerings deur reisagente dat die probleem by SA Rugby lê, is “volkome onwaar”.

Volgens SA Rugby het hierdie agentskappe kaartjies aan kliënte belowe en verkoop wat hulle nooit besit het nie en ook nie kon bekom nie. Dié optrede is teenstrydig met die wedstryd se verkoopsbepalings, aangesien die agentskappe nooit amptelike toegang tot kaartjies deur SA Rugby of sy kaartjie-vennoot gehad het nie.

“Hierdie maatskappye het onwettig en roekeloos opgetree vir eie gewin, ten koste van hul kliënte,” lui die verklaring.

SA Rugby waarsku ook op sy webblad dat kaartjies vir alle plaaslike Springbokwedstryde slegs by amptelike kaartjie-verkooppunte beskikbaar is en nie by herverkopers soos Viagogo of Instaticket nie.

SA Rugby sê hy het die saak na sy prokureurs verwys.

LEES OOK: Ticket pricing review pledged as SA rugby responds to criticism

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article