Bestanddele
- 60 ml (1/4 k) heuning
- 125 ml (1/2 k) water
- 300 g bevrore en gemengde bessies
- 500 g vetvrye Griekse jogurt
Opdiening
- 60 g vars frambose
- 60 g vars bloubessies
Metode
- Meng heuning en water in klein pot. Roer oor lae hitte tot heuning oplos. Bring tot kookpunt sonder om te roer. Verminder hitte tot laag en laat onbedek vir 3 minute prut of tot stroperig. Wees versigtig dat dit nie brand nie. Laat afkoel.
- Verwerk of meng verkoelde stroop, bevrore bessies en jogurt tot glad. Druk mengsel deur growwe sif in 2 l-houer. Vries vir 4 uur of tot ferm.
- Verwerk in voedselverwerker om ysstukkies op te breek. Vries weer vir 4 uur. Skep gelyke hoeveelhede bevrore jogurt in vier opdienbakkies en plaas vars bessies bo-op.
