Bestanddele
- kookoliesproei
- 3 velle fillodeeg
- 3 appels met pienk skil, ongeskil
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- 10 ml (2 t) mielieblom
- 3 ml (½ t) gemengde kruie
- 80 ml (⅓ k) Griekse jogurt
- 125 g vars frambose
- 15 ml (1 e) kruisementblare
- 15 ml (1 e) heuning
Metode
- Voorverhit oond tot 220 °C. Spuit bakplaat liggies met olie.
- Plaas deegvelle in lae. Spuit elke vel liggies met kookolie. Sny deeg dwars in helfte en plaas een helfte bo-op ander. Sny deeg in kwarte en plaas op bakplaat.
- Ontpit appels en sny in stukke. Meng appels met sap, mielieblom en speserye in klein bakkie in mikrogolfoond. Plaas mikrogolfoond op hoog (100%) vir 1 minuut of tot appel effens sag is. Strooi oor deegkwarte, maar hou ‘n 2 cm-randjie oop.
- Ontpit, halveer en sny orige appels in klein stukke. Rangskik in ry oor middel van appelmengsel sodat dit effens oorvleuel. Vou deegkante in.
- Bak vir 20 minute of tot deeg bros en goud is.
- Sit met jogurt, frambose en kruisement voor. Gooi heuning oor.
rrwenk: Ons het Pink Lady-appels vir die resep gebruik. Terte kan ’n dag vooraf gemaak word. Bêre dit met deksel op in die yskas.
Lees ook: Suurlemoenblokkies | rooi rose

