Bestanddele
- 200 g botter, saggemaak
- 1½ e suurlemoenskil, plus 1 ekstra teelepel
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- 3 eiers
- 310 ml (1¼ k) bruismeel
- 60 g rysmeel
- 60 ml (¼ k) suurlemoensap
- 10 ml (2 t) versiersuiker
Metode
- Voorverhit oond tot 180 ℃. Smeer bundt-koekpan goed met botter en strooi meel oor. Enige orige meel kan uitgegooi word.
- Klop botter, suurlemoenskil en suiker in bak met elektriese klitser tot sag en donsig. Meng eiers een-een by tot goed gemeng. Meng gesifte meel en suurlemoensap in twee sarsies saam. Versprei mengsel in voorbereide pan.
- Bak koek vir 35 minute of tot sosatiestokkie skoon uitkom. Los koek in pan vir 5 minute voordat dit op draadrak uitgekeer word om af te koel.
- Sif versiersuiker oor koek net voor opdiening en strooi ekstra suurlemoenskil oor.
rr wenk: Hierdie is ‘n pragtige suurlemoenkoek wat as gevolg van die rysmeel ‘n sanderige tekstuur het. Daarom die naam. Die rysmeel wat jy vir hierdie resep nodig het, kan in die bakafdeling van supermarkte gevind word. Dit moenie met Oosterse rysmeel verwar word nie; dit is ‘n anderste soort bestanddeel wat met rys, wat gluten bevat, gemaak word.
rr wenk: Jy kan glutenvrye bruismeel koop of self glutenvrye bruismeel by die huis maak sodat hierdie koek glutenvry is.
Lees ook: Suurlemoenblokkies | rooi rose
