In die jongste aflewering van Op die Blady met rooi rose, gesels Nadia Beukes met Oktober se voorbladsterre Bernice West, Franja du Plessis en Leah van Niekerk.
Op die Bladsy is rooi rose se maandelikse tydskrif bespreking met gaste wat ’n bydrae gelewer het tot die tydskrif.
Die Oktober-uitgawe se tema “om mekaar te vier” het goed aanklank by dié drie vroue gevind, en hulle het met groot geesdrif mekaar se talente uitgewys.
Dit was egter nie al waaroor hierdie drie nagtegale gesels het nie. In hierdie episode kan jy uitsien na gesprekke oor:
- Privaatheid en beroemdheid;
- Hul belangstellings buite hul loopbane in die vermaaklikheidsbedryf;
- Hoe hulle hul finansies bestuur om langtermynvolhoubaarheid te verseker;
- Hoe hulle hul gesinslewe balanseer;
- Hul doelwitte, vooruitsigte en drome vir die toekoms;
- En ’n prettige rondte vinnige vrae waartydens Nadia sommer self ook haar mening lug
Kyk wie graag nog die volkslied by ’n Springbokwedstryd wil sing, wie daarvan droom om Boer soek ’n vrou aan te bied en wie graag ’n liedjie wil skep wat internasionale klankgolwe tref.
