Deur Marlo Kitshoff-Carstens
Foto Winifred Harms
Bestanddele
Kors
- 375 g (3 x 125 g-pakkies) Biscoff-koekies
- 80 g botter, gesmelt
Vulsel
- 500 g (2 x 250 g-houers) roomkaas, by kamertemperatuur
- 250 ml (1 k) Biscoff-smeer
- 250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
- 500 ml (2 k) vars room
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Bolaag
- 250 ml (1 k) Biscoff-smeer
- ekstra Biscoff-koekies (opsioneel)
Metode
Kors
- Spuit losboomkoekpan van 22 cm in deursnee met kossproei.
- Sny ongeveer helfte van koekies in middel of 3/4 deur met skerp mes, of wat nodig is om die ronde losboomkoekpan langs kante vol te pak.
- Gebruik oorblywende 1/4 deel van koekies om saam met oorblywende koekies fyn te maak.
- Pak gehalveerde koekies of 3/4 gesnyde koekies met die mooi kant teen koekpan se rand.
- Maak koekies in voedselverwerker fyn.
- Meng gesmelte botter by koekie-krummels tot goed deurgewerk.
- Druk koekiekrummels op bodem van koekpan vas.
- Druk ook bietjie krummels aan agterkant van regop gepakte koekies vas.
Vulsel
- Klits roomkaas tot glad met houtlepel of elektriese klitser.
- Roer gesifte versiersuiker by roomkaas.
- Klits room tot styf.
- Roer geklitste room en Biscoff-smeer beurtelings by roomkaasmengsel in.
- Skep vulsel in koekiekors. Maak bokant glad en gelyk.
- Plaas oornag in yskas.
Bolaag
- Maak Biscoff-smeer net vir paar sekondes in mikrogolfoond warm sodat dit net kan loop. Dit moenie warm wees nie.
- Giet smeer bo-oor.
- Rond tert verder af soos verkies.
Lees ook: Marlo se kolletjieskoek | rooi rose
yskastertversiersuikerroomkaasMarlo Kitshoff-Carstensbiscoff-yskastertWinifred Harmsvaniljelosboomkoekpanroom
