Witkoek
Bestanddele
- 125 ml (½ k) olie
- 125 ml (½ k) strooisuiker
- 3 eiers
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 375 ml (1½ k) koekmeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 1 ml koeksoda
- knypie sout
- 125 ml (½ k) karringmelk
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Klits olie en suiker saam in mengbak.
- Voeg eiers en vanieljegeursel by. Klits nog 2 minute tot goed gemeng.
- Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout in mengbak.
- Roer droë bestanddele en karringmelk beurtelings by eiermengsel tot dit gladde beslag vorm.
- Giet beslag in gesmeerde pan van 23 cm × 33 cm wat met bakpapier uitgevoer. Hoe groter die pan, hoe beter, want jy benodig platter koek. Bak vir 20 tot 25 minute.
- Haal koek uit oond en laat afkoel.
Versiersel
- 125 g (¼ blok) sagte botter
- 750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- bietjie melk
- 250 g (1 houer) roomkaas by kamertemperatuur
- 250 ml (1 k) strooiversiersel (hundreds and thousands)
- Klits botter tot liggeel met elektriese klitser.
- Voeg bietjies versiersuiker en vanieljegeursel by en hou aan klits tot lekker pofferig.
- Hou aan om versiersuiker bietjiesgewys by te voeg en klits tot donserig. Voeg bietjie melk by indien nodig.
- Roer roomkaas by en klits tot net gemeng.
- Skep helfte van versiersel in spuitsak met spuitpunt.
- Hou oorblywende versiersel eenkant om bo-oor koekies te smeer.
Sit aanmekaar
- Gebruik glashouer of -bakkie om dit in voor te sit. Druk dit in koek om sirkels uit koek te sny of gebruik koekiedrukker van dieselfde grootte.
- Plaas uitgedrukte koeksirkel in houer.
- Spuit dun lagie versiersel bo-op koeksirkel.
- Sit nog koeksirkel bo-op en smeer dikker laag versiersel bo-op.
- Smeer boonste laag versiersel gelyk.
- Gooi genoeg strooiversiersel in groot genoeg bak.
- Druk boonste koeklaag met versiersel (onderstebo) in strooiversiersel (hundreds and thousands) sodat lagie daarvan aan versiersel kleef.
- Sit voor.
