Ervaar die opwinding van die South African 4×4 & Outdoor Show.
Ervaar die opwinding van die South African 4×4 & Outdoor Show.

Die South African 4×4 & Outdoor Show Wes-Kaap word op Saterdag 1 en Sondag 2 November vir ‘n tweede keer in die Kaap by die Ysterplaat-lugmagbasis aangebied — vanjaar in samwerking met M-Net. Die hooffokus van hierdie geleentheid is op 4×4, die buitelewe en kampering.

Die skou bied verskeie uitstallings, wat 4×4-, kampeer-, en braaitoerusting insluit, asook verskeie voertuie en relevante produkte, woonwaens en kampeer-sleepwaens.

Vir die kinders is daar ‘n speelpark om die ouers genoeg tyd te gee om alles te besigtig.

Bekendes, helikopterritte en opwindende vertonings

Kom ontmoet vir André de Villiers, aanbieder van 4×4 met Andre op kykNET en kry die geleentheid om saam met hom te ry op ‘n sandbaan en ook meer te hoor en sien van André se nuwe televisiereeks.

Kom kyk ook hoe lyk die terrein vanuit die lug saam met Mosselbaai Helikopters en besoek die SA Lugmag se loopbaanuitstalling, asook die SA Lugmagmuseum se uitstalling en die baie unieke “Schackleton run”.

Kos, wyn en musiek – die perfekte kombinasie vir die naweek.

Avontuur, 4×4 wag by Ysterplaat!

Hoewel dit nie ‘n lugskou is nie, mag daar dalk beperkte lugvertonings aangebied word om die adrenalien bietjie aan te jaag — natuurlik onderworpe aan operasionele beskikbaarheid. Daar sal ook baie kosverskaffers wees, ‘n kunsmark en deli-area, 1659-wyntuin, ‘n kroeg- en biertuin.

‘n Verskeidenheid kunstenaars sal ook deur die dag optree.

Skou-ure op beide dae is van 09:00 tot 17:00. Kaartjies vir dagbesoekers wissel tussen R80 en R150. Daar is ook naweekpakette beskikbaar vir diegene wat daarin belangstel. Toegang is gratis vir kinders jonger as vyf jaar.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Open Tickets of by die hekke.

Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting oor die skou.

Die baie unieke “Schackleton run” is een van vele items om na uit te sien by die South African 4×4 & Outdoor Show Wes-Kaap.

You need to be Logged In to leave a comment.