‘n Plattelandse seun in murg en been. Dit is die beste manier om vir Christiaan Gouws te beskryf. Gouws gaan van 1 Januarie 2026, in beheer van Middies se rugby wees. Hy kom nie met ‘n nuwe besem nie, maar met ‘n plan om Middies, wat van volgende jaar af in ide Noordvaal-beker afdeling gaan speel nog te laat verbeter.
Gouws het al by verskeie spanne as breier gedien, hy bring ervaring van die strawwe beker kompetisie na Middelburg toe. Alhoewel hy by skole soos Oos-Moot, Noordheuwel en meer onlangs Helpmekaar diens gedoen het, het hy besef die stad is nie vir hom nie.
“Ek en my vrou het besluit dat ons, in ‘n meer plattelandse omgewing wil wees. Dit is wat ek ken, ek wil weer bietjie weet wie is my tandarts en my dokter wat ek kan bel,” het hy vertel.
Gouws het self rugby by die Universiteit van die Vrystaat en in Ierland gespeel maar sy afrigting loopbaan het in 2012 by Ligbron begin, dit terwyl hy nog voltyds in die landbou sektor gewerk het. Sy handewerk het vrugte begin lewer toe Ligbron in 2016, die liga gewen het. Daarna is Gouws na Bethlehem Voortrekker waar hy die as Direteur van Rugby gewerk het.
“Ons het 8 uit 9 Griffons ligas gewen en ook die Wesgrow reeks gewen. In daai tyd was ek by die Griffons betrokke. Met Covid in 2020 het ek terug in die landbou gegaan waar ek by Marlow gehelp het,” verduidelik hy.
Volgens Gouws was die plan altyd om terug te keer na skole sport na die pandemie, en in 2022 het hy die geleentheid gekry om die sporthoof pos by Oos Moot aan te vat. In 2023 het hy na Noordheuwel en in dieselfde jaar het hy na Helpmekaar toe gegaan.
“Ek ken die ouens by Helpmekaar goed en hulle het al lankal met my gepraat om te skuif. By Noordheuwel was die verstandhouding dat ek die 1ste Xv gaan afrig wat toe nie so uitgewerk het nie. Ek gaan Helpmekaar baie mis, dit is ‘n spesdiale skool met spesiale kinders, maar ek sien uit na die uitdaging by Middelburg. Ek en my gesin is baie opgewonde om by Hoërskool Middelburg betrokke te raak. Ek ken al die hoof JJ Hennop en Coene Nolte n geruime tyd en hulle as mens was n groot rede vir my besluit om te gaan,” het hy gesê.
Alhoewel Gouws eers in 2026 amptelik begin, het hy al baie by die skool begin doen. Daar is beplannings en ouer aande en bosberade reeds gedoen.
“Daar is baie bekwame afrigters wat die voor seisoen hanteer. Ek gebruik maar elke af dag wat ek het tussen nou en dan om dinge reg te kry. Ek gaan nie inkom en oorvat by MHS nie so ek wil elke afrigter ondersteun en help waar ek kan en die kultuur verstaan,” het hy gesê.
Gouws gaan by die o.15 groep en die 1ste Xv betrokke wees as afrigter en ook by die ander spanne help waar nodig is. Middelburg skop hulle Noordvaal-beker veldtog teen Menlo Park op 2 Mei op tuisbodem af.






