oi[j
Susana de Villiers (71). Foto: Argief

Wellingtonse oumagrootjie skuldig aan moord op drie agterkleinkinders


Die Wellingtonse oumagrootjie wat byna vyf jaar gelede haar drie agterkleinkinders se dood in die Bainskloofpas veroorsaak het, is verlede Vrydag (11 Junie) in die streekhof in Worcester op drie aanklagte van moord skuldig bevind.

Susana “Sarie” de Villiers (71) se skuldigbevinding volg ná ‘n lang hofproses wat gespruit het uit die voorval op 20 November 2021 toe sy met haar voertuig van die bergpad in die Bainskloofpas af gery het terwyl Caleb Booysen (8), Gradwell Booysen (5) en Joshua Booysen (2) saam met haar in die voertuig was.

Die drie seuns, wat broers was, het almal as gevolg van die voorval gesterf. De Villiers het die ongeluk oorleef, maar ernstige beserings opgedoen, waaronder nek- en ribbeserings.

Die drie kinders het die dag by De Villiers, haar man, Ivan, ‘n prokureur in Wellington, en hul oupa, Carl Smit, in Wellington gekuier.

jhggk
Caleb (agter; 8), Gradwell (links; 5) en Joshua (2) Booysen. Foto: Argief

De Villiers is later die middag met die kinders in haar motor weg, waarna sy deur die versperrings by Bainskloofpas, wat opgerig is vanweë die destydse padwerke, gery het.

Op die kruin van die pas het die motor waarin sy en die drie kinders gery het ongeveer 80 m teen die berg af gestort.

Die familie is later van die voorval ingelig. Ooggetuies het getuig dat daar padwerke in die Bainskloofpas aan die gang was en dat stop-en-ry-punte inge-

stel was om verkeer te beheer.

Ná die ongeluk was sy weke lank in die Paarl-hospitaal waar sy deur die hospitaal se psigiatriese afdeling geëvalueer is, voordat sy na Valkenberg vir verdere evaluasie gestuur is.

Caleb, Gradwell en Joshua is op die toneel dood verklaar

Skuld beken

De Villiers het reeds in Maart verlede jaar skuld op die aanklagte teen haar beken.

Tydens hofverrigtinge in November 2025 het sy getuig oor haar moeilike kinderjare en beweer dat sy as kind meer as een keer seksueel gemolesteer is.

Sy het ook getuig dat die ouers van haar oorlede agterkleinseuns albei met dwelmmisbruik gesukkel het en gereeld onder die invloed van alkohol was, wat volgens haar tot onstabiele omstandighede vir die kinders gelei het.

Ten tyde van hul dood was die kinders in die pleegsorg van hul ma se familie.

Vonnisverrigtinge

Advokaat Sakkie Maartens het namens die beskuldigde verskyn terwyl Clifton Maseti opgetree het as die landdros en Cornelius Prinsloo as die staatsaanklaer.

‘n SAP69-dokument, wat gewoonlik gebruik word om vorige veroordelings voor die hof te plaas, is as bewysstuk aanvaar.

Die hof het ook getuienis ingevolge artikel 212 van die Strafproseswet 51 van 1977 aanvaar.

LEES OOK: Wellingtonse oumagrootjie vertel van jare se pyn in hof

Die verdediging het twee getuies geroep onder wie De Villiers en ‘n kliniese psigiater van Paarl-hospitaal terwyl die staat geen geroep het nie.

Die saak is tot 7 Augustus uitgestel vir die voorvonnisfase asook die samestelling van ‘n verslag oor korrektiewe toesig.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article