'n Operasie op die konstruksieterrein by Rembrandt Mall het tot die arrestasie van 12 buitelandse burgers gelei.
Twaalf buitelandse burgers is Donderdag (1 Oktober) op ‘n konstruksieterrein by Rembrandt Mall in hegtenis geneem. Foto ter illustrasie.

Twaalf buitelanders aangekeer oor dokumente

'n Operasie op die konstruksieterrein by Rembrandt Mall het tot die arrestasie van 12 buitelandse burgers gelei.
Twaalf buitelandse burgers is Donderdag (1 Oktober) op ‘n konstruksieterrein by Rembrandt Mall in hegtenis geneem. Foto ter illustrasie.

Megan Adendorff

Twaalf buitelandse werkers is Donderdag (1 Oktober) in ‘n Binnelandse Sake-optrede by die konstruksieterrein van Rembrandt Mall in die Paarl in hegtenis geneem.

Volgens inligting wat NovaNews bekom het, is die groep na bewering op die perseel in hegtenis geneem en het hulle Vrydag in die hof verskyn.

‘n Bron het aan die publikasie gesê dat daar steeds buitelandse werkers op die perseel is wat nie oor die nodige dokumentasie beskik om wettig in Suid-Afrika te wees nie.

Rembrandt Mall het by navraag gesê die meeste van die individue wat in hegtenis geneem is, is intussen vrygelaat nadat bevind is dat hul dokumentasie in orde is.

Volgens die winkelsentrum is hulle eers nadat die inhegtenisnemings plaasgevind het, daarvan in kennis gestel.

“Die projek word uitgevoer deur ‘n aangestelde hoofkontrakteur wat verantwoordelik is vir die aanstelling en bestuur van die werksmag op die perseel,” het Rembrandt Mall beklemtoon.

Die winkelsentrum het gesê hy neem die nakoming van toepaslike wette en regulasies ernstig op, maar dat die ondersoek steeds aan die gang is.

Konstruksiewerk gaan volgens Rembrandt Mall voort soos geskeduleer. Hulle sê die voorval sal nie die projek vertraag nie.

NovaNews het ook na die hoofkontrakteur en die polisie uitgereik vir kommentaar, maar teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article