‘n voormalige speurhoof en die voorsitter van die GPF in Franschhoek is onlangs in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die beweerde ontvoering en aanranding van ‘n 14-jarige seun. Foto: Ter illustrasie

Oud-speurhoof en GPF-hoof rand glo tiener aan

‘n voormalige speurhoof en die voorsitter van die GPF in Franschhoek is onlangs in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die beweerde ontvoering en aanranding van ‘n 14-jarige seun. Foto: Ter illustrasie

‘n Voormalige speurhoof en die voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Franschhoek het hul onlangs aan die ander kant van die gereg bevind.

Leon Boonzaaier (55), wat volgens Rapport 36 jaar by die Franschhoek-polisiekantoor gewerk het, en Trevor Jefthas (55), ‘n taxi-eienaar en voorsitter van die dorp se GPF, is onlangs in hegtenis geneem.

Volgens die polisie staar die twee aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig. Kapt. Frederick van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, het Dinsdag (1 September) by navraag aan Paarl Post gesê ‘n klag van criminen injuria sal ook ondersoek word.

Van Wyk sê die voorval het op 13 Augustus omstreeks 21:30 by ‘n perseel in Beaucop de Leo-straat, Mooiwater, Franschhoek plaasgevind. ‘n 14-jarige seun het tydens die voorval beserings aan sy gesig en liggaam opgedoen, aldus Van Wyk.

Hy sê beide Boonzaaier en Jefthas is Donderdag (20 Augustus) omstreeks 11:00 in hegtenis geneem. Hulle het die volgende dag vir die eerste keer in die landdroshof in die Paarl verskyn. Beide is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot Donderdag (8 Oktober) uitgestel. Rapport het berig Boonzaaier het vroeër vanjaar bedank, te midde van ‘n ondersoek na bewerings dat die korrekte interne prosesse nie gevolg is met die registrasie van sekere misdrywe by die Franschhoek-polisiekantoor nie.

Volgens die Sondagkoerant het alles op 13 Augustus begin toe Boonzaaier, Jefthas en JJ Kolonsi, ‘n plaaslike toergids, by Jefthas se huis gekuier het.

Terwyl die groep gekuier het, het hulle luidens die koerant gehoor daar is ‘n brand by Kolonsi se huis in Beaucop de L’Eau-straat. Hulle het toe in een van Jefthas se taxi’s na die toneel gehaas en kon die brand blus voordat die brandweer opgedaag het.

By die huis het hulle ‘n jong man met ‘n kopverband en sy arm in ‘n hangverband opgemerk. Jefthas het volgens Rapport gesê die man het verdag voorgekom en hy het vermoed dat hy dwelms by hom gehad het. Rapport het verder berig dat Boonzaaier met die man gaan praat het, terwyl Jefthas die voorval op sy selfoon afgeneem het.

Volgens dié koerant beweer Boonzaaier dat hy die 14-jarige seun daarna in die taxi opgemerk het, nadat hy glo op straat gesien het hoe die seun iets aan ‘n vrou gee. Boonzaaier beweer ook volgens die Sondagkoerant hy het die seun nader geroep en hom in die taxi laat klim voordat hy hom deursoek het. Hy het glo niks verdags by die seun gevind nie en hom daarna laat gaan.

Hy het glo ontken dat hy die seun geslaan, gewurg of ontvoer het.

Die seun se ma het egter beweer dat haar seun in die taxi aangerand en gewurg is. Dit het gevolg nadat sy bewus geword het van die voorval in die straat. Dit is daarna by die polisie aangemeld.

Paarl Post het na Boonzaaier en Jefthas vir kommentaar uitgereik. Albei het aangedui dat hulle nie verder met die media oor die aangeleentheid wil praat nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article