Die Strandlo- pers-organisasie het die afgelope Saterdag op Wêreld-skoonmaakdag die jeug gemobiliseer om langs die Bergri- vier in die Paarl skoon te maak. Foto: Rasaad Adams
Die Strandlo- pers-organisasie het die afgelope Saterdag op Wêreld-skoonmaakdag die jeug gemobiliseer om langs die Bergri- vier in die Paarl skoon te maak. Foto: Rasaad Adams

Die Paarl-gebaseerde Strandlopers-organisasie, wat hom vir omgewingsbewaring beywer, het die afgelope Saterdag (20 September) op Wêreld-skoonmaakdag die jeug van die Paarl en omliggende gebiede gemobiliseer om langs die Bergrivier in die Paarl skoon te maak.

Die organisasie, wat deur Wade Naude, ‘n boorling van die Paarl, gestig is, is ‘n jeuggedrewe organisasie sonder winsoogmerk en op omgewingsbewaring en mariene-onderwys gefokus.

Die Strandlopers ontwikkel onder Naude se leiding die onderwysprogramme wat leerders laat verstaan hoe riviere, bestaande waterstelsels, die omgewing en die see aan mekaar verbind is.

“Die rede vir vandag (Saterdag) se projek is net om ons kinders so ‘n bietjie bewus te maak van ons verhouding met die natuur,” vertel Naude.

“Die Bergrivier word redelik goed versorg, maar ons is bewus van die aktiwiteite en moontlike besoedeling wat langs die rivier plaasvind. “Die hele idee agter die Strandlopers-projek is om veral ons inheemse mense op te voed oor wat ons verhouding nog altyd met die natuur was en hoe dit vandag toegepas kan word. Ek wil graag ‘n sin van eienaarskap onder veral die jeug kweek. Hierdie is hul omgewing en hulle moet dit oppas,” het hy bygevoeg.

Volgens Naude is nagenoeg 350 kg rommel Saterdag ingesamel.

Die Drakenstein-munisipaliteit, een van die vennote van Saterdag se projek, se afvalbestuurafdeling het die rommel verwyder.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article