Sonkrag help baie met besparing en kurrikulum by Paarlzicht Primêr

Paarlzicht Primêr
Van links is Gareth Duraan, Jessica Bönn en Liezl Strauss tydens Bönn se besoek aan die skool.

Sonkrag help baie met besparing en kurrikulum by Paarlzicht Primêr

Paarlzicht Primêr
Van links is Gareth Duraan, Jessica Bönn en Liezl Strauss tydens Bönn se besoek aan die skool.

Paarlzicht Primêr se nuwe sonkraginstallasie gaan nie net die skool se elektrisiteitsrekening verminder nie, maar ook as ‘n praktiese leerhulpmiddel vir die leerders dien.

Die projek is deur Capetopia, onder leiding van die stigter en direkteur Jessica Bönn, geïnisieer nadat sy ‘n geld- insameling in Duitsland vir skole in die Wes-Kaap gedoen het. Mantula Solar het die installasie geborg.

Bönn sê die projek is daarop gerig om omgewings- en maatskaplike kwessies terselfdertyd aan te pak.

“Vir ons moet klimaatsoptrede en sosiale geregtigheid nie as afsonderlike kwessies hanteer word nie – hulle kan en behoort mekaar te versterk.”

LEES OOK: Solar training opens career path for Cape Town youth

Paarlzicht is volgens Bönn gekies vanweë die behoeftes van die gemeenskap wat die skool bedien, asook die skool se plan om die installasie in die klaskamer te benut.

“Ons het Paarlzicht Primêr gekies omdat beide die vlak van behoefte en die skool se toewyding ons oortuig het. Die skool bedien kinders uit baie benadeelde gemeenskappe, insluitend gesinne wat in ‘n informele nedersetting naby die skool woon.”

Laer kragrekening

Die projek het volgens Liezl Strauss, ‘n onderwyser by die skool, sowat twee jaar gelede begin nadat sy deur ‘n persoon by haar kerk genader is oor Mantula se soektog na ‘n Paarl-skool.

“Iemand [het] vir my gekontak en gesê een van ons gemeentelede werk by Mantula en hulle is op soek na skole, want Capetopia het vir hulle gekontak.”

Die skool moes daarna onder meer verduidelik hoe die projek leerders sou bevoordeel en by die bestaande kurrikulum sou aansluit.

“En toe moes ek motiveer, byvoorbeeld, hoe sal dit die kinders van hierdie spesifieke gemeenskap help. Hoe sal dit ons kurrikulum bevorder, want veral ons grade 3, 4, 5, 6 en 7 behandel besoede- ling.”

Vir die skool lê een van die grootste voordele in die verlaging van sy elektrisiteitskoste.

Die installasie van die sonpanele
Die installasie van die sonpanele

Gustav Schippers, voorsitter van die beheerliggaam, sê elektrisiteit is ‘n groot deel van die maandelikse munisipale rekening.

“Die installasie is ‘n groot besparing vir die skool. As ons kyk na – en ek wil nou nie oor die skool se finansies uitpraat nie – maar dis ‘n aansienlike bedrag wat elke maand betaal word vir die munisipale rekeninge, waarvan die grootste die kragtoevoer by die skool is.”

Die skoolhoof, Gareth Duraan, sê die geld wat vrygestel word, kan gebruik word om die skool se vermoë om leer- ders te ondersteun, te versterk.

“Die impak van die sonkragpanele is uit en uit die leerders wat moet voordeel trek. Dis hoekom die sonkragpanele opgesit is hier by die skool.”

Deel van leerplan

Volgens Duraan kan die skool ook later moontlik geld genereer deur elektrisiteit aan die netwerk terug te lewer.

Die installasie bestaan uit 45 panele van 620 watt elk, wat volgens Carsten Sieback, bestuurder van Mantula Solar in die Paarl, aan ‘n 50-kilowatt-omsetter gekoppel is.

Die sonkragpanele word ook direk met die leerders se skoolwerk verbind. Duraan sê die werklike stelsel en sy syfers kan gebruik word om konsepte in onder meer wiskunde en ekonomiese en bestuurswetenskappe (EBW) prakties te demonstreer.

“Tans, in die gr.5-groep wat ek onderrig, is ons besig met energie en veranderinge – ons beweeg nou van fossielbrandstowwe na hernubare energiebronne soos sonkrag en waterkrag. Ons kan dit ook inbring in ons kurrikulum.”

LEES OOK: Gestremdes kry sonpaneel-geisers

Die leerders kan onder meer die skool se besparing bereken, persentasies uitwerk en ondersoek hoe geld in die skool se begroting aangewend kan word.

“Die leergeleenthede as gevolg van hierdie sonpaneelprojek is eindeloos vir ons kinders. Hulle kan sien dat dit die toekoms is.”

Vir Bönn is die kombinasie van finansiële besparing, omgewingsbewustheid en opvoeding die kern van die projek.

“Daardie kombinasie – die aanspreek van onmiddellike sosiale behoeftes, die vermindering van die skool se omgewingsvoetspoor, die skep van langtermyn finansiële besparings en die opvoeding van kinders oor toekomstige tegnologieë – is presies wat Paarlzicht die regte vennoot vir ons gemaak het.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article