Kara Coetzee, ’n leerder aan die Laer Meisieskool La Rochelle en lid van die Wynland-gimnastiekklub in die Paarl, het op 23 Julie aan die Wes-Kaapse gimnastiek-streekskompetisie, wat in Saldanhabaai gehou is, deelgeneem. Sy het in die vlak 2-groep vir 7- tot 8-jariges deelgeneem en ’n goue medalje verwerf. Sy was ook die algehele naaswenner in die Wes-Kaap.