Demi Lee Moore is een van die kunstenaars op die sterbelaaide feesprogram.

Die mooiste fees in die Boland is terug!

Paarlberg-fees vind Saterdag, 28 Februarie, vir die vierde keer plaas en bring almal bymekaar in die hartjie van die Paarl by die Faurestraat-stadion.

Kom beleef musiek op sy beste met ‘n propvol program wat elke oor sal bederf.

Kunstenaars sluit al die bekendste mense in die bedryf in.

Kosstalletjies, kindervermaak, ‘n groot kroeg en BBP goue sirkel sal aan feesgangers ‘n besonderse ervaring bied.

Program:

Die hekke open om 10:00. Om 12:00 kom Danny Smoke aan die beurt, gevolg deur Demi Lee Moore om 13:00.

Van 14:00 is dit Juanita du Plessis se beurt om feesgangers te vermaak, en om 15:00 kry Biggy ‘n beurt.

Zaan Sonnekus tree van 16:00 vir die volgende tydgleuf op en gee om 17:00 aan Brendan Peyper oor.

Kurt Darren kom om 18:00 op die verhoog, gevolg deur Robbie Wessels om 19:00.

Om 20:00 is dit Bok van Blerk se beurt, gevolg deur Spoegwolf om 21:00.

Die seremoniemeesters is Arno Greeff en Angelique Gerber.

Kaartjies is by die hekke beskikbaar of aanlyn by: www.kaarkies.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article