Plaaslike dokter in sy huis aangeval, beroof

'n Gewapende rooftog waarin ’n voertuig met ’n onbekende bedrag kontant by die Villa Bain-kompleks in Langenhovenpark gebuit is, word tans deur die polisie ondersoek.
‘n Dokter van Paarl-Oos is Maandagoggend in sy woning aangeval en beroof deur twee mans.

‘n Dokter van Paarl-Oos is die afgelope Maandagoggend (12 Oktober) in sy woning aangeval.

Lt.kol. Frederick van Wyk, woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, het die voorval bevestig.

‘n Saak van huisroof is Dinsdag (13 Oktober) by die Paarl-Oos-polisie oopgemaak.

“Volgens verslae het twee ongeïdentifiseerde mans die huis binnegegaan en die eienaar beroof. Hy het kopbeserings opgedoen en is vir behandeling na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit vervoer.”

Ander vertroulike bronne het bevestig dat die voorval in die Elrich/Charleston Hill-woongebied plaasgevind het.

Van Wyk sê verder dat niemand tot dusver in hegtenis geneem is nie en dat die ondersoek voortduur.

Paarl Post het uitgereik na die dokter, wie se identiteit aan die koerant bekend is, maar kon hom nie vir kommentaar bereik nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article