Die o.13A-spanne van Paarlzicht Primêr en Magnolia Primêr het onlangs hul eerste krieket-derbywedstryd teen mekaar gespeel. Magnolia het eerste gekolf en 76 lopies in sy 20 boulbeurte aangeteken. Paarlzicht, wat tweede gekolf het, het die telling met gemak in 12 boulbeurte behaal en die derby gewen. Die speler van die wedstryd was Byron Cecils. Op die foto by die Paarlzicht-span is die afrigter, Keno Abrahams.
Paarlzicht wen derby
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.