Die jaarlikse derby-kragmeting van Magnolia Primêre Skool en Paarlzicht Primêr vind Saterdag 3 September op Boy Louw-velde plaas.

Die eerste rugby- en netbalwedstryde skop om 10:00 af.

Toegangsgelde beloop R5 vir almal. Vir navrae, bel Magnolia Primêr by 021 862 2610.

  • Die Klapmuts Primêre Skool wat vanjaar hul 40ste bestaansjaar vier hou ook op Saterdag 3 September ’n familiedag by hul skool as deel van hul vieringe.

Die gemeenskap word genooi om hul basaar en speletjies te kom ondersteun. Om 08:00 open die verrigtinge met ’n pretloop by die skool. Inskrywingsgeld is R3. Vir navrae, bel die skool by 021 875 5471.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article