Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) beplan om R29,55 miljard te bestee op onderwys in die provinsie.

Dit het David Maynier, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, in sy 2023-’24-begrotingsrede bekend gemaak.

In vergelyking met verlede jaar het die WKOD vanjaar R1,38 miljard meer gekry.

Maynier sê die onderwysbegroting is die grootste begroting van enige departement in die provinsiale regering.

“Dit is ’n duidelike aanduiding van die waarde wat ons aan onderwys heg, en van ons verbintenis tot die lewering van gehalte-onderwys vir elke leerder, in elke klaskamer, in elke skool in die Wes-Kaap.”

Die onderwysbegroting sal soos volg bestee word:

.?R399 miljoen sal bestee word om leerverliese in die Wes-Kaap om te keer. Dit sluit in akademiese ondersteuning aan 18 000 leerders, bykomende professionele ontwikkeling en ondersteuning aan 6 260 onderwysers, en opleiding en ondersteuning aan 28 000 ouers;

.?R2,9 miljard vir die uitbreiding van toegang tot onderwys in die Wes-Kaap. Dit behels die bou van 15 nuwe skole, 289 addisionele klaskamers, en opgraderings by 28 skole;

.?’n Bykomende R135 miljoen sal bestee word om ondersteuning aan leerders met spesiale behoeftes te verbeter. Dit sluit in die bou van twee nuwe skole vir leerders met spesiale behoeftes, ’n bykomende 28 klaskamers by bestaande spesiale skole of voldiensskole, en onderwysers, klaskamerassistente en terapeute benodig wat by hierdie bykomende skole en klaskamers sal dien;

.?R5 miljoen om die implementering van loopbaan- en werkgereedheids­opleiding te verbeter;

.?R531 miljoen vir die presidensiële jeug-indiensnemingsinisiatief;

.?R76,1 miljoen sal bestee word aan die beveiliging van skole, en die bevordering van die veiligheid van leerders by die skool. Dit sluit in om oor ’n tydperk van vyf jaar heinings by 30 skole te bou en finansiering vir 18 bykomende skoolhulpbronbeamptes;

.?R40 miljoen sal vanjaar bestee word om energiedoeltreffendheid, opwekking en berging in skole te bevorder. Dit sluit in nuwe beligting by 25 skole en die installering van sonkrag-PV-stelsels by tien skole.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article