ter illustrasie
‘n Onbekende man is Dinsdagaand oorlede nadat hy deur ‘n kar raak gery is. Foto ter illustrasie: Pexels

Onbekende man sterf in ongeluk in die Paarl

ter illustrasie
‘n Onbekende man is Dinsdagaand oorlede nadat hy deur ‘n kar raak gery is. Foto ter illustrasie: Pexels

‘n Onbekende man is Dinsdagaand (4 Augustus) in ‘n ongeluk dood.

Volgens die polisie het die ongeluk tussen ‘n motoris en ‘n voetganger omstreeks 20:30 op Jan van Riebeeckweg plaasgevind.

Konst. Ndakhe Gwala, ‘n polisiewoordvoerder het by navraag aan Paarl Post gesê ‘n onbekende man is raak gery. Hy is op die toneel dood verklaar.

Gwala sê die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.

Die polisie het intussen ‘n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak.

Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article