‘n Bakleiery in Dreydenstraat in Hillcrest, Wellington, het op 20 September tragies geëindig toe ‘n man van 63 op die oog af vermoedelik aangerand is en later aan kopbeserings beswyk het.
Volgens kol. Johan Barkhuizen, die bevelvoerder van die Wellington-polisie, is die oorledene, Brain Pearce, vermoedelik met ‘n houtpaal oor die kop geslaan.
Een verdagte is in hegtenis geneem en het hy op 25 September in die landdroshof in Wellington verskyn.
Met Paarl Post se besoek aan die huis waar die aanval plaasgevind het, was niemand tuis nie. ‘n Saak van aanranding word ondersoek.


