Drakenstein-munisipaliteit het onlangs hulde aan die ontslape emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu gebring wat op 26 Desember aan kanker oorlede is. Die burgemeester, Conrad Poole, het by ’n kranslegging ter ere van die “Arch” gesê sy nalatenskap het ’n reuserol in die reënboognasie wat Suid-Afrika vandag is, gespeel. Hy het bygevoeg dat landsburgers moet streef om in Tutu se droom van vrede te lewe. By die seremonie wat voor die munisipaliteit se hoofkantoor in die Paarl gehou is, is die waarnemende onderburgemeester, raadslid Rita Andreas.Foto: Lise Beyers


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article