Die burgerlike groep Outa (die organisasie wat belastingmisbruik ongedaan maak) het ’n beroep op die regering gedoen om Suid-Afrika se vyfjaar-bestuurslisensiestelsel te skrap en eerder te vervang met ’n stelsel wat lisensies elke 10 jaar sal laat hernu.
Wayne Duvenage, Outa se uitvoerende hoof, het in ’n onderhoud met ’n radiostasie gesê dringende samesprekinge is nodig aangesien die huidige stelsel amper in duie gestort het weens voortdurende tegniese probleme.
Outa skat dat Suid-Afrika tans ’n agterstand van meer as ’n halfmiljoen rybewyse het weens die toerusting, wat vir die druk van rybewyse verantwoordelik is, wat onklaar geraak het.
Hy het bygevoeg dat die land se bestuurslisensie-toetssentrums steeds deur korrupsie en administratiewe kwessies geraak word, wat tot lang vertragings en ander probleme lei.
“Ons moet die hele proses hersien wanneer dit kom by voertuie, rybewyse en voertuigpadwaardigheid, en hoe ons dit bestuur en polisieer.
“Dit het ’n reuse-fiasko geword. Dit behoort nie so moeilik te wees om jou bestuurslisensie te kry nie; dit behoort ’n baie maklike proses te wees. Dit was in die verlede ’n maklike proses. Nou het dit uiters moeilik geword om jou lisensie te kry.”
Duvenage het gesê die instelling van ’n 10-jaar-stelsel sal help om sommige van hierdie probleme te verminder en word reeds suksesvol in verskeie ander lande gebruik.
Lisensie-chaos
’n Berig deur die Afrikaanse koerant Rapport op Sondag 2 Januarie het onthul dat minstens 383 000 hangende lisensiekaarte nie gedruk is nie weens die ineenstorting van die stelsel sedert begin Desember, en hierdie getal het sedertdien aansienlik gestyg.
In reaksie hierop vereis die departement van vervoer van motoriste om R90 te betaal vir ’n tydelike bestuurspermit om aan te hou ry totdat hul nuwe lisensie gedruk is.
Robert Chandler, hoof van die Suider-Afrikaanse Instituut vir Bestuursinstrukteurs, het gesê minstens ’n halfmiljoen motoriste sal deur die onklaar masjien geraak word, wat beteken dat die departement sowat R45 miljoen deur hierdie tydelike permitte sal invorder.
Die Covid-19-pandemie het ook gelei tot ’n aansienlike agterstand in lisensies, aangesien toetssentrums weens beperkings vir ’n paar maande gedwing is om te sluit.
Gevolglik het die departement die geldigheidstydperk van leerlinglisensies, bestuurslisensiekaarte, tydelike bestuurspermitte en professionele bestuurspermitte wat tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2021 verval het, tot 31 Maart 2022 verleng.
* Civil society group Outa has called on the government to scrap South Africa’s five-year driver licence in favour of a system that will see licences renewed every 10 years.
Outa chief executive Wayne Duvenage told Cape Talk that a change is necessary as the current system has all but collapsed due to ongoing technical issues. Outa estimates that South Africa currently has a backlog of more than 500 000 driving licence cards due to the breakdown of the machinery responsible for printing licences.
He added that the country’s driving licence testing centres continue to be impacted by corruption and administrative issues, resulting in long delays and other problems.
“We need to review and overhaul the entire process when it comes to vehicles, driving licences, vehicle roadworthiness, and how we manage and police this.
‘This has become a mammoth fiasco. It shouldn’t be this difficult to get your driving licence; it should be a very easy process. It has been an easy process in the past. Now it’s become so difficult just to get a slot and actually get your licence.”
Duvenage said that introducing a 10-year system would help reduce some of this strain and is already being successfully used in several other countries.
Licence chaos
A report by Afrikaans newspaper Rapport on Sunday (2 January) indicated that at least 383 000 pending licence cards have not been printed due to the breakdown as of the start of December, with this number rising significantly in the following weeks.
In response, the Department of Transport requires motorists to pay R90 for a temporary driving permit to continue driving until their new licence is printed.
Robert Chandler, head of the Southern African Institute of Driving Instructors, said at least half a million motorists would be impacted by the breakdown, meaning the department stood to collect around R45 million from these temporary permits.
The Covid-19 pandemic has also led to a significant backlog in licences as testing centres were forced to close for several months due to restrictions.
As a result, the department extended the validity period of learner’s licences, driving licence cards, temporary driving permits, and professional driving permits that expired between 26 March 2020 and 31 August 2021 to 31 March 2022.




