Die skolerugbygees hardloop hierdie week hoog in die Boland, met talle skole in die Paarl en Wellington wat gereed maak om Vrydag en Saterdag (28 en 29 Augustus) by die Faure-stadion in die 2026 Sanlam Drakenstein Derby-kampioenskap mee te ding.
Die kampioenskap, wat deur Sanlam en Boland Rugby aangebied word, het in 2024 begin en het sedertdien ‘n jaarlikse instelling op die skolerugbykalender geword.
Die deelnemende skole is Bergrivier Sekondêre Skool, Charleston Hill Sekondêre Skool, Klein Nederburg Sekondêre Skool, New Orleans Sekondêre Skool (Noss), Noorder-Paarl Hoërskool, Paulus Joubert Sekondêre Skool, Wellington Sekondêre Skool en Weltevrede Sekondêre Skool.
Klein Nederburg was die eerste skool om die toernooi te wen.
Vanjaar se kompetisie het op 1 Augustus begin toe Bergrivier teen Wellington Sekondêr gespeel het. Weltevrede en Charleston het op 8 Augustus kragte gemeet, terwyl New Orleans en Klein Nederburg op dieselfde dag teen mekaar gespeel het. Die laaste derbywedstryd tussen Noorder-Paarl en verlede jaar se wenners, Paulus Joubert, is op 15 Augustus gespeel.
Die vier derby-wedstryde het as die kwarteindronde gedien. Die wenners dring deur na die bekerhalfeindronde, terwyl die verloorspanne in die plaat- halfeindronde meeding.
Bergrivier, Weltevrede, Klein Nederburg en Noorder-Paarl het na die bekerhalfeindrondtes deurgedring, terwyl Charleston, Wellington Sekondêr, New Orleans en Paulus Joubert in die plaatafdeling sal meeding.
Die halfeindronde vind Vrydag 28 Augustus by die Faure-stadion plaas. Die program begin om 14:00 met ‘n openingseremonie, waarna twee plaat-
halfeindstryde en twee bekerhalfeindstryde gespeel word.
Daar word Vrydag (28 Augustus) vier wedstryde gespeel. Die eerste twee wedstryde is vir die plaat, waarna die spanne in die twee beker-halfeindstryde sake sal uitspook.
Noss en Wellington Tigers (WT) open die dag se verrigtinge om 14:45. Curro Hermanus (CH) en Paulus volg om 16:00.
Klein Nederburg (KN) en Wellington speel om 17:20 in die eerste beker-halfeindstryd.
New Orleans (NP) en Bergrivier (BR) sluit die dag se wedstryde om 18:40 in die hoofwedstryd af.
Die eindstryde word Saterdag 29 Augustus beslis. Die verrigtinge begin om 12:00 met die sewende- en agtsteplek-uitspeelwedstryd, gevolg deur die plaateindstryd en die wedstryd om die derde en vierde plek. Die eindstryd begin om 16:00.
Die kampioenskap is daarop gemik om skolerugby in die streek verder te ontwikkel en ‘n bykomende platform vir die deelnemende skole te skep. Die kompetisie erken ook bestaande vennootskappe rondom die derby-wedstryde, waaronder FNB, wat die regte op twee van die bestaande derby-botsings besit.
Die organiseerders beklemtoon dat die kampioenskap nie bestaande vennootskappe wil vervang nie, maar eerder wil aanvul en die deelnemende skole verdere geleenthede bied. Alle halfeind- en eindstryde word regstreeks op YouTube deur NH Sports uitgesaai.




