Dit is hoe Dal Josafat Primêr sal lyk wanneer bouwerk afgehandel is.

Credit: SYSTEM


Bouwerk sal binnekort aan Dal Josafat Primêr se nuwe skoolgebou begin. Die terrein waar die skool gebou sal word, is onlangs (21 Februarie) aan die kontrak­teur oorhandig.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, sê die verwagte voltooiings­datum van die skoolgebou is September/Oktober 2024.

“Die nuwe skool sal tot 1 850 leerders kan akkommodeer en word gebou om in die verhoogde vraag na verblyf as gevolg van ontwikkelings in die omgewing te voorsien. Die skool gaan ook nou van ’n gehuurde perseel na ’n Wes-Kaapse regeringsperseel verskuif.”

Die nuwe skoolgebou sal net sowat 2 km weg wees van waar die huidige skoolgebou is. Die nuwe klaskamers sal 60 m² groot wees en sal tot 40 leerders kan akkommodeer. Die skool sal nie net ’n netbal- en basketbalbaan hê nie, maar ook ’n sokker- en rugbyveld.

Hammond voeg by: “Die nuwe skool sal twee multimediasentrums, een wetenskap­laboratorium en twee veeldoelige klaskamers en hulpbronklaskamers hê om bykomende akademiese aktiwiteite en ondersteuning aan leerders met leerpro­bleme te gee.

  • “Die nuwe skool sal ook ’n saal en sportvelde hê om te help met groepaktiwiteite en by te dra tot die skool-etos.” Die skoolhoof, Adam Fortuin, sê hulle is “verheug” oor die nuwe skoolgebou wat vir Dal Josafat se leerders opgerig sal word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article