Pietman Geldenhuys, een van talle kunstenaars wat opgetree het.

Foto: Facebook/Yonder Hartsfees Credit: SYSTEM

Die derde Yonder Hartsfees het op Sondag 3 September ten einde gekom nadat duisende besoekers sedert Donderdag deur die hekke gestroom het.

Jannie van Zyl, feesdirekteur, sê dit was ’n geseënde en suksesvolle fees.

Pietman Geldenhuys, een van talle kunstenaars wat opgetree het.

Die gesinspakkette was baie gewild. Van Zyl sê dit was wonderlik om te sien hoe gesinne saam die fees besoek, en dit geniet.

Al die kunstenaars­vertonings het groot aftrek gekry, met die sitruimtes stampvol.

NoordkaapBulletin was die gedruktemediaborg van die fees.

In ’n feestelike atmosfeer kon besoekers dié kunstenaarsvertonings bywoon, deelneem aan kinderpret, heerlike eetgoed aanskaf, inkope doen, of net ontspan op die skaduryke terrein.

Die fees word op die perseel van die Noord-Kaaplandse Geestesgesondheid aangebied, wat ook die tuiste van Yonder is.

Die boom- en skaduryke terrein waar die Yonder Hartsfees in Kimdustria in Kimberley aangebied word.

Die Malupark-feesterrein waar die Yonder Hartsfees aangebied word, het baie koeltebome, en tentafdakke dra verder by tot beskerming teen die elemente.

By Yonder word volwassenes met gestremd­hede vaardighede volgens hul vermoë in werkswinkels aangeleer. Die fees word ten bate van Yonder aangebied, en ’n vierde Yonder Hartsfees word beplan vir 2024.

  • Besoek Yonder Hartsfees op Facebook vir meer foto’s.

Charlene Longmans het haar twee kinders, Indiana en Indiano, fees toe gebring. Sy sê sy het nie verwag dat die fees so groot sou wees nie.

Die speelpark met mallemeule dra daartoe by dat die Yonder Hartsfees ’n gesinsfees is.

Dié vriendinne in ’n feestelike stemming is van links Andrea Manuel, Celina Malander, Zalika Sophazi en Gwyneth Bosman

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article