Raymond Shoalai, Shakes Potsene en Vincent Job van die Free State Stilts and Clowns saam met Hartjie. Dié “stokkiesbeenmanne” is van Welkom.

Foto’s: Helena Barnard

Ongeag die koue aande en winderige toestande wat tydens die vierde Yonder Hartsfees geheers is, het feesgangers in hul duisende opgedaag om dié feestelike geleentheid in Kimberley by te woon.

“Elke jaar is ’n leerskool, elke jaar is daar toevoegings tot die fees, en elke jaar is dit mooier en beter,” sê Jannie van Zyl, direkteur van die Noord-Kaaplandse Geestes­gesondheidvereniging en die Yonder-feeskomitee.

“Dat ons dit volgende jaar weer gaan aanbied, is ’n feit.”

Vier vriendinne geniet die fees saam. Van links is Lizé Cronjé, Kayla Karamanolis, Elizma Snyman en Lynnmari Bothma.

Kesnari Packirisamy (links) en Bontle Lekhoathi in die pretpark.

Zimkhita Louw, wat saam met Vanessa Lottering die fees geniet, het haar gesig laat verf en haar hare in pienk en pers laat spuitverf.

Telana Jansen van Rensburg (links) en Jolene Julius van Kimberley in hul stalletjie waar onder meer roomys, asook ander lekkernye, verkoop word.

Van Zyl vertel dat die 12 toegangspunte beslis daartoe bygedra het dat rye vanjaar baie korter was en vinniger kon beweeg.

Die gratis heen-en-weer-diens wat feesgangers vanaf hul parkeerplek tot by die toegangshek kon vervoer het, is goed ondersteun.

Die nasionale kunstenaars wat van Donderdag 29 Augustus tot Sondag 1 September opgetree het, was uiters beïndruk met die ligging en geriewe van waar hulle kon optree, asook met die groot opkoms van feesgangers.

Vanjaar is ’n verhoog van 18 m x 6 m onder ’n 10 m-hoë koepel in die Haakbosskerm opgestel. Hier, en ook by die oop verhoog, het ’n verskeidenheid vermaak en vertonings dwarsdeur die feesdae en in die aande plaasgevind.

Die unieke handgemaakte houtspeelgoed van Toys4U van Kimberley is ’n bekende stalletjie op menige markte.

Die pretpark.

Die arena, asook die res van die Malu Park-feesterrein, was voortdurend ’n miernes van bedrywighede en hier is vermaak en smulgoed vir elke smaak aangebied.

Geleenthede soos die sterkman- en toutrekkompetisie, asook die bulletjierugby, is deur groot groepe toeskouers bygewoon.

Boeta Gammie en die Rieldansers van Calivinia het behoorlik litte losgemaak tot groot vermaak van toeskouers.

Skoolgroepe het aan verskeie kultuur-, sportverwante- en ander opvoerings en aktiwiteite deelgeneem, en praatjies en kosdemonstrasies is aangebied.

  • Besoek Yonder Hartsfees op Facebook vir talryke foto’s wat op die fees geneem is.

NoordkaapBulletin is die gedrukte­mediaborg van die Yonder Hartsfees.

Die “extreme”-pretrit, groot pret vir die waaghalsiges.

Van Malu Pork se stalletjie, waar onder meer varkvleissosaties gebraai is, is van links Johann Botes, Loutjie Lourens en Stephan Erasmus.

Die ponies Rofty en Shadow het menige kinderhart bekoor.

Die pretpark.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article