Verlede week, in die nagure van Dinsdag 11 Februarie en die vroegoggendure van 12 Februarie, het Albertus Horn tydens ’n storm suid van Kathu meer as 800 foto’s vanaf die gebied by die Kuruman-heuwels geneem. Hy het dié foto, waarop die weerlig in die wolke en op die grond blits, uit 121 foto’s saamgestel.. Met elke foto was die kamera se sluiterspoed op 10 sekondes oop. Horn doen heeltyds fotografie en het ’n passie vir landskapfoto’s, nagtonele, foto’s van sterre, storms, “transient luminous events”, yspilare, auroras en meer. Hy vertel dat die lug so skoon en donker was dat hy foto’s kon neem van ’n storm tussen Senekal en Bethlehem, ongeveer 400 km weg, en hy kon ook blitse sien van storms bo Botswana. Besoek sy Facebook-blad Albertus Horn vir meer van sy foto’s.

Foto: Albertus Horn

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article