Die Shoprite in Postmasburg het Sondagaand (25/06) gedeeltelik afgebrand.
Brandbestryders en die polisie was Maandag nog op die toneel. Dewald Botha, brandweerhoof van Kumba se Kolomela-myn, sê die brand het kort voor middernag by die pakhuis ontstaan.
Die oorsaak is nog onbekend. Hulle kon die brand onder beheer bring.
Die winkel het nie skade gely nie, maar sou tot verdere kennisgewing gesluit bly.
– Cheréne Pienaar



