Die polisie ondersoek ’n saak van moord nadat Norman Motlapele Setswaise (54) einde April doodgeskiet is.

Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê Setswaise was ’n werknemer van Kumba Iron Ore se Sishen-myn.

Hy is in Batlharos buite Kuruman doodgeskiet toe hy ná sy skof op pad huis toe was, sê Sam.

Hy is glo vier keer in die bolyf geskiet.

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat Setswaise deur ’n onbekende aanvaller of aanvallers geskiet is. Hy is deur die nooddienste op die toneel dood verklaar.

Sam sê die saak is na die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad oorgeplaas.

Teen Dinsdag (09/05) was geen inhegtenisnemings nog gedoen nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article