Cleantha Koetzee

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Cleantha Koetzee (13) van Upington, ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, het tydens die onlangse skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap

Cleantha Koetzee

vir Uitvoerende Kunste (Sacopa) se byeenkoms in Rustenburg deelgeneem.

Dié student aan die Dawrette Heyns Model-akademie het in die model-afdeling meegeding.

Cleantha het die hoogste individuele punt in dié afdeling behaal en is met die Grand Champion-eerbewys beloon. Sy het ook ’n goue eerbewys in die fotogeniese afdeling ontvang; silwer in loopplank: informeel; brons in swemdrag; en brons in skoonheidswedstryd: formeel.

Sacopa, wat vanjaar sy 25ste bestaansjaar vier, bied normaalweg sy byeenkomste in Rustenburg aan. Op so ’n geleentheid word die span vir Suid-Afrika gekies om aan die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles in Amerika deel te neem.

Cleantha is in dié span ingesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article